Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n verdagte vas ná moord op Jesse, stiefoupa
Jesse Hess (18). Foto: Facebook/Jesse Hess

’n Tweede verdagte is Dinsdagmiddag in verband met die moord en verkragting van Jesse Hess (19), ’n eerstejaar- teologiestudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), en die moord van haar stiefoupa, Chris Lategan (85), op 30 Augustus vanjaar in hul woonstel in Parow in hegtenis geneem.

Die man sal saam met ’n verlangse familielid van Hess Woensdag op aanklagte van verkragting, roof en moord in die landdroshof in Bellville verskyn.

Die verlangse familielid is verlede week in Struisbaai in hegtenis geneem op ander onverwante aanklagte van verkragting. Hy staan in die landdroshof in Wynberg tereg op aanklagte van roof, verkragting en poging tot moord op ’n 16-jarige meisie van Hanover Park. Hy het verlede Vrydag in die landdroshof in Wynberg op die aanklagte verskyn. Die meisie is verlede Maandag verkrag. Die verlangse familielid was tydens die voorval met verlof.

Die saak is tot 14 Februarie 2020 vir verdere ondersoek uitgestel.

Lance Hess, Jesse se pa, het verlede Vrydag gesê sy het die afgelope twee jaar by haar ouma Cathy Lategan en haar stiefoupa, Chris Lategan, gewoon.

Hy het gesê die dag van Jesse en haar oupa se moord het haar tante, Sandy, hom gebel en gesê sy kry Jesse nie in die hande nie. Hy het gesê Jesse was nie ’n kind wat nie haar foon sou antwoord nie. Hulle is na die woonstel, waar baie mense gesê het dat hulle die polisie gebel het.

Lance se vrou, Audrey, het gesê hulle het Chris se kop deur die venster gesien. Hulle kon nie vir Jesse sien nie en het gedink sy is ontvoer.

Die deur is oopgebreek en hulle het toe op Jesse se lyk afgekom.

Meer oor:  Jesse Hess  |  Tweede Verdagte  |  Moord  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.