Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n verkragtingsklag by saak teen modelbaas gevoeg

Nog ’n aanklag van verkragting is Dinsdag in die landdroshof in Kaapstad by die verkragtingsaak teen die eienaar van een van die talle modelagentskappe in Loopstraat gevoeg.

Die beskuldigde se naam of dié van die modelagentskap mag nie gepubliseer word voordat hy nie gepleit het nie.

Die saak teen die man is tot Donderdag uitgestel wanneer met sy borgtogaansoek, wat Dinsdag begin het, voortgegaan sal word.

Hy word daarvan beskuldig dat hy ’n 14-jarige meisie, wat vir ’n fotosessie opgedaag het, verkrag het. Speurders verbonde aan die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS), sowel as speurders van die provinsie se eenheid wat kuber-pornografie en elektroniese misdaad ondersoek, het die man op 30 Junie in hegtenis geneem.

Die speurders het op inligting gereageer en die agentskap se kantore deursoek, waarna hy in hegtenis geneem is.

Volgens inligting is op selfone en ander elektroniese toerusting soos rekenaars en skootrekenaars beslag gelê.

Die polisie werk nou glo deur foto’s en ander beeldmateriaal waarop hulle op die elektroniese toerusting afgekom het.

Netwerk24 verneem van betroubare bronne dat nóg aanklagte later bygevoeg kan word.

Volgens die agentskap se webwerf is die man ’n professionele fotograaf met meer as 30 jaar se ervaring in die modewêreld.

Hy het op 1 Julie die eerste keer in die hof verskyn. Die saak is toe tot 7 Julie vir sy borgtogaansoek uitgestel.

Hy bly tot Donderdag in die polisieselle in die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor in aanhouding.

Meer oor:  Modelbaas  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.