Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n vrou glo deur lewensmaat vermoor

Nog ’n vrou is Sondag vermoedelik deur ’n lewensmaat vermoor.

Dié keer is die 42-jarige slagoffer, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, glo om ongeveer 06:00 in Eersterust, Pretoria, doodgemaak en haar liggaam in ’n buitekamer gelaat.

Kapt. Kay Makhubele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die vrou se lyk is gevind nadat haar werklose kêrel ’n familielid vir geld vir vervoer gevra het, glo omdat hy nou ’n werk iewers anders gekry het.

Hy is toe daar weg.

Die motief vir die moord is nog onbekend, maar die polisie glo dat ’n ene Clayton Andrews hulle kan help met die ondersoek.

“Mnr. Andrews word versoek om dringend met die polisie kontak te maak en speurders te help, aangesien hy die laaste persoon is wat kontak met die oorledene gehad het toe sy nog gelewe het,” sê Makhubele.

Die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, het ook in ’n verklaring die verskeie moorde op vroue in die provinsie veroordeel.

Hy het alle lede van die gemeenskap, aktiviste en nieregeringsorganisasies versoek om saam te staan teen geslagsgeweld.

*Mense met inligting oor die Eersterust-moord kan die plaaslike polisiestasie kontak, of die Stop Misdaad-nommer 08600 10111 skakel of inligting op die MySAPS-app deurgee.

Meer oor:  Eersterust  |  Pretoria  |  Lewensmaat  |  Vrou Vermoor  |  Gendergeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.