Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog niemand aangekeer vir moord op gestremde

Niemand is nog aangekeer vir die moord op en verkragting van ’n verstandelik gestremde vrou wie se lyk Donderdagoggend deur werkers in ’n begraafplaas in Upington gevind is nie.

Die lyk van ’n 27-jarige vrou is Donderdag omstreeks 11:00 deur werkers in die Morning Glory-begraafplaas in Rosedal by Upington gevind.

Netwerk24 verneem die vrou, wat binnekort haar 28ste verjaardag sou vier, was ’n bekende gesig in die buurt en is as ’n spontane en uitgesproke vrou beskryf.

Kapt. Gerrit Mouton, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Die ondersoek duur voort.

Priscilla Isaacs, plaaslike DA-LP, sê die party is geskok en platgeslaan oor die moord op die jong vrou.

“Dit is hartverskeurend om te hoor dat haar ma na die begraafplaas ontbied is om haar dogter se naakte lyk uit te ken.”

Volgens Isaacs is die vrou vermoedelik na die begraafplaas gesleep waar sy verkrag en verwurg is nadat sy vermoedelik ook gemartel is.

Sy sê dit is ontstellend om te dink wat die slagoffer in haar laaste ure moes deurmaak, en so ook die trauma wat haar ma nou moet deurmaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.