Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog twee ‘transitorowers’ vas
Die voertuig waarin die rowers gevlug het. Foto: Verskaf

Nog twee verdagtes is Vrydag en Saterdag in verband met die transitorooftog Dinsdag by die Kalahari Mall in Upington in hegtenis geneem.

Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, sê een van die verdagtes, ’n 34-jarige man wat glo vir Fidelity Security Services werk, is Vrydag in Upington in hegtenis geneem terwyl die derde verdagte (48) Saterdagoggend in Bloemfontein aangekeer is.

Die polisie het vroeër gesê die rooftog het by ’n verkeersirkel naby die winkelsentrum plaasgevind, maar Mnisi sê die rooftog het by die FNB OTM oorkant die Spur-restaurant by ingang 2 by die Kalahari Mall plaasgevind.

Die polisie se 72-uur-aksieplan het dadelik in werking getree nadat genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, ’n opdrag aan gnl.maj. Henriëtte de Waal, provinsiale kommissaris, gegee het om alle eenhede te mobiliseer.

Paaie in en om Upington is dadelik afgesper en boere en inwoners is gevra om op die uitkyk te wees vir die swaar gewapende verdagtes, maar hulle nie te konfronteer nie.

Die eerste verdagte is later die dag in hegtenis geneem toe die swart Toyota Avanza waarmee die rowers van die toneel gevlug het by die biblioteek naby die Dr. Harry Surtie-hospitaal gekry is.

Mnisi sê die Valke se ondersoek het hulle na die Vrystaat gelei waar hulle in samewerking met die Noord-Kaapse misdaadintelligensie-eenheid en die Vrystaatse taktiese reaksie-eenheid, ’n waarnemingspan en die Vrystaatse direktoraat vir prioriteitsmisdaad op die derde verdagte toegeslaan het.

’n Onbekende bedrag geld is in die verdagte se besit gevind en op beslag gelê.

Die verdagtes sal Maandag in die hof in Upington op aanklagte van gewapende roof verskyn.

Mnisi sê die Valke se ondersoek duur voort en nog verdagtes kan in hegtenis geneem word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.