Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog vier vas na skietery by Kaapstadse stasiedek

Nog vier verdagtes is aangekeer in verband met Maandag se taxi-skietery by die Kaapstadse stasiedek.

Die Wes-Kaapse polisie se taxi-taakspan en lede van die Spoorwegpolisie meen die vier wat Dinsdag in hegtenis geneem is, was glo betrokke by die skietery waarin sewe mense, insluitend ’n vrou in ’n rolstoel, gewond is.

Sers Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die verdagtes, tussen die ouderdom van 31 en 35, sal Donderdag in die landdroshof in Kaapstad verskyn op aanklagte van poging tot moord.

Die inhegtenisnames volg kort nadat twee verdagtes reeds Maandag kort na die skietvoorval by die stasiedek aangekeer is.

Daar was op dié dag twee taxi-aanvalle in die metropool. Vyf mense is in die ander voorval die aand in Nyanga doodgeskiet en twee is beseer.

Die polisie op die toneel van Maandagmiddag se skietery by die stasiedek in Kaapstad. Foto: SAPD
Die toneel by die stasiedek in Kaapstad. Foto: SAPD
Paramedici laai van die slagoffers in ambulanse. Foto: SAPD

Meer oor:  Kaapstad  |  Taxigeweld  |  Poging Tot Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.