Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nooddienste van selfone beroof in Pretoria

Werknemers van die Tshwane-nooddienste is Woensdag beroof toe hulle op ’n klaarblyklike noodgeval in Blok GG, Soshanguve, gereageer het.

Die voorval het omstreeks 02:00 gebeur nadat die inbelsentrum glo ’n oproep gekry het vir hul hulp met ’n pasiënt wat gesukkel het om asem te haal.

Toe die ambulans by die adres aankom, was die ligte af en die hek gesluit.

Terwyl die paramedici die inbelsentrum gebel het om die adres te bevestig, het ’n onbekende man op hulle toegeslaan en hulle met ’n vuurwapen gedreig.

Die man het aan die paramedici gesê hy het hulle gebel en hulle toe beroof.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê die man het aan die paramedici die presiese plek verskaf waar die pasiënt is en voordat hulle besef wat aangaan, het die man een van die beamptes met ’n vuurwapen deur ’n oop ruit gedreig.

Die man het selfone geëis en gesê die paramedici moet wegry.

“Die Tshwane-nooddienste veroordeel sulke dade van misdadigheid teenoor sy personeel. Paramedici is toegewyd aan die versorging, behandeling en vervoer van siekes en beseerdes sonder enige vooroordeel,” sê Mabaso.

Hoewel die metro nie van voorneme is om dele van die metro as plekke te identifiseer waarheen hy nie sal gaan nie, sal hy egter nie huiwer om eers die veiligheid van sy personeel te oorweeg voordat paramedici na die gebiede gestuur word nie.

’n Saak van roof is by die Phuthanong-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Meer oor:  Tshwane-Nooddienste  |  Rooftog  |  Selfone
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.