Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nooddiens-werker buite Bethlehem doodgeskiet

’n Lid van die Vrystaatse provinsiale nooddienste, Sello Nicholas Khoele (48), se lyk is Donderdagmiddag langs die pad buite Bethlehem gekry.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die polisie van Bohlokong, Bethlehem, is Donderdag in die etensuur na die moordtoneel op die R76 buite Bethlehem ontbied.

’n Reaksiemotor van EMS het langs die pad gestaan met sy hoofligte aan. Mbambo sê die Subaru Forester het in Bethlehem se rigting gekyk en die sleutels was nog in die motor se aansluiter.

’n Lyk het op die grond agter die motor gelê met vyf skietwonde in die agterkop.

Mbambo sê Khoele, wat nie ’n uniform aangehad het nie, se sandale is langs sy lyk neergesit en sy persoonlike besittings, soos sy beursie en selfoon, word vermis.

Die man is uitgeken as ’n werknemer van Bethlehem se provinsiale nooddienste.

Een van Khoele se vriende, Mathapelo Kenke, het Vrydagoggend sy naam bekend gemaak en gesê hy was altyd daar om ander te help.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.