Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Noodpersoneel beroof wat probeer help

Twee nooddienswerkers is Sondagaand in Winterveld, Pretoria, deur gewapende mans beroof terwyl hulle besig was om ’n pasiënt te behandel.

Philani Mhlungu, woordvoerder van die Gautengse departement van gesondheid, sê die nooddienswerkers is met ’n ambulans na die woonbuurt gestuur vir ’n noodgeval.

“Hulle was besig om vir ’n pasiënt ’n drup in te sit toe twee gewapende mans op die ambulans afpyl. Hoewel niemand in die voorval beseer is nie, is al die nooddienswerkers se persoonlike besittings gesteel,” sê Mhlungu.

Hy sê hy is onseker oor hoe sulke voorvalle gebeur, “want nie alles word aan ons gerapporteer nie”.

Mhlungu sê voorvalle soos dié verlaag die gemoedere van gesondheidswerkers, veral tydens die staat van inperking weens die Covid19-virussiekte, “maar ons personeel bly toegewyd op hul poste”.

Meer oor:  Pretoria  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.