Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Noodwerkers en pasiënte op pad na hospitaal beroof

Gewapende mans het nooddienswerkers en pasiënte Woensdagaand op die N1-hoofweg buite Bela-Bela in Limpopo beroof.

Neil Shikwambana, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, sê ’n minibus van die departement was met vier pasiënte na die Dr. George Mukhari Akademiese Hospitaal in Ga-Rankuwa buite Pretoria op pad.

Die bestuurder van die minibus het langs die N1 naby die Mantsole-weegbrug stilgehou nadat hy oor ’n stuk skerp metaal gery en ’n band van die voertuig beskadig is.

Terwyl hy gesukkel het om die band om te ruil, het twee gewapende mans opgedaag en die twee nooddienswerkers, twee verpleegsters en pasiënte met wapens aangehou.

Die pasiënte was as deel van die departement se pasiëntvervoerstelsel in die minibus vanaf die Nkhensani- en Maphutha Malatji-hospitaal in die Mopani-distrik in Limpopo vir behandeling na Gauteng op pad.

Shikwambana sê die twee rowers het selfone, bankkaarte, geld en waardevolle besittings van die insittendes van die minibus gesteel voordat hulle weggehardloop het.

Volgens hom is ’n selfoon van een van die pasiënte “gelukkig nie gesteel nie” en hulle kon die polisie ontbied.

’n Minibus van die Warmbad- provinsiale hospitaal in Bela-Bela het die pasiënte na George Mukhari geneem.

Shikwambana sê niemand is in die voorval beseer nie.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het die voorval ten sterkste veroordeel.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het gesê ’n soektog na die twee gewapende mans is begin.

Die moontlikheid word ondersoek dat hulle dalk lede van ’n bende is wat skerp voorwerpe op die padoppervlak pak om motors se bande te beskadig sodat hulle mense kan beroof.

Daar was sedert 2018 verskeie voorvalle waarin gewapende mans motoriste en passasiers op die N1 buite Bela-Bela oorval, aangehou en beroof het.

Meer oor:  Pasiënte  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.