Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Noord-Kaap: Nog ’n minderjarige vir grumoord aangekeer

Nog ’n minderjarige seun van Pampierstad naby Hartswater in die Noord-Kaap is Sondag in verband met ’n grumoord in hegtenis geneem.

Lt.kol. Dimikatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die 16-jarige seun is in hegtenis geneem nadat die onthoofde lyk van ’n 18-jarige man in ’n waterpyp buite die nedersetting ontdek is.

Die polisie wat na die toneel ontbied is, het later by verdere ondersoek die kop van die slagoffer gevind waar dit onder ’n bed in ’n sinkhuis versteek was.

Die motief vir die moord is nog duister.

Die seun verskyn vandag in absentia in die landdroshof in Pampierstad. Hy is in polisieaanhouding.

Die voorval volg sowat twee weke nadat ’n 17-jarige seun op 28 Augustus in verband met die beweerde wrede moord op sy ouers in hegtenis geneem is.

Die egpaar se lyke is daardie oggend met diep snywonde in ’n veld buite Pampierstad gevind.

Dit het gelyk asof die lyke met ’n voertuig na die plek waar hulle gevind is, gesleep is.

Die polisie se ondersoek het hulle na die seun gelei en hy is in hegtenis geneem.

Geen moordwapens is in die seun se besit of op die toneel gevind nie en ’n motief vir die moord kon nog nie bepaal word nie.

Die seun het op 31 Augustus vir die eerste keer op aanklag van moord in die hof verskyn.

Die saak is tot 7 September vir ’n aansoek om borgtog uitgestel. Die hof het borgtog geweier en die seun bly in aanhouding.

Meer oor:  Pampierstad  |  Noord-Kaap  |  Grumoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.