Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Noord-Kaapse polisie slaan motordiefstal hok

Ses vermeende motordiewe sal eersdaags in die hof verskyn nadat hulle vandeesweek deur die polisie in Kimberley, Galeshewe en Modderrivier aangekeer is.

Ao. Garth Bosman en ao. Raymond Davids staan links van vyf van die vermeende motordiewe. Langs hulle is sers. Olebogeng Magou en ao. Christian Hawkins. Die sesde verdagte moes dadelik in die hof verskyn.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die klopjag is deur die voertuigondersoekeenheid gedoen. Hulle fokus op motors wat die afgelope jaar gesteel is.

“Die klopjag het Donderdagoggend omstreeks 02:00 begin en vyf uur later klaargemaak,” sê hy.

“Die ses manlike verdagtes (tussen 22 en 41 jaar) word met meer as tien voorvalle van motordiefstal verbind. Een van die verdagtes is dadelik hof toe geneem omdat hy weens ander misdade gesoek word.”

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Galeshewe  |  Kimberley  |  Modderrivier  |  Motordiefstal  |  Motordiewe  |  Klopjag  |  Vermeende Motordiewe  |  Gevang  |  Polisie  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.