Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Noordwes: Man op hoewe aangeval

’n 55-jarige man is Vrydagoggend deur ses rowers op sy hoewe by Mamogalieskraal buite Brits aangeval.

“Die aanval was omstreeks 08:30, maar is eers heelwat later by die polisie aangemeld,” het kol. Adéle Myburgh, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, by navraag gesê.

Volgens Myburgh is die man deur die rowers op sy hoewe oorval en met ’n baksteen oor die kop geslaan.

“Hy het ’n groot wond aan die agterkant van sy kop. Die verdagtes, van wie ten minste een gewapen was, het toe die man vasgebind en sy huis geplunder. Hulle het met ’n kluis, waarin daar ten minste een vuurwapen is, ’n selfoon en juweliersware in sy Toyota Hilux-bakkie op die vlug geslaan. Niemand anders is in die voorval beseer nie,” het Myburgh gesê.

Familielede het later die dag op die man afgekom, hom losgemaak en die polisie gekontak. Hy is behandel nadat ’n ambulans na die toneel ontbied is.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Noordwes  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.