Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Noordwes: Rubberkoëls verdryf grondbesetters
’n Groep grondbesetters is glo sedert Donderdag met minibusse na Kroondal in Rustenburg vervoer. Foto: Verskaf

Die polisie het Saterdag verskeie mense by Kroondal, naby Rustenburg in Noordwes, met onder meer rubberkoeëls verdryf waar al hoe meer grondgrype of onwettige grondbesettings voorkom.

Fanie du Toit, LP van die VF Plus, sê die mense het reeds Donderdag by Kroondal private grond begin beset.

Grondeienaars is opgespoor en hulle het opdrag gegee dat ’n uitsettingsbevel bekom moet word om die betreders te verwyder. Die hofbevel is op die betreders beteken en hulle moes die gebied verlaat. Alle tydelike strukture, asook bakens wat deur die besetters aangebring is vir die uitmeet van erwe, is Vrydag verwyder en deur die loop van die nag het polisie- en ander patrollies gekeer dat mense weer die grond betree.

Du Toit sê die situasie was Saterdagoggend baie gespanne. “Daar was weer mense en hulle was baie ongelukkig oor die polisie se optrede die vorige dag.”

Volgens Du Toit het die polisie Saterdag rubberkoeëls gebruik om van die grondbesetters te verwyder.

Du Toit sê die VF Plus “skryf die onaanvaarbare gedrag toe aan populistiese politieke uitsprake wat tot die roekelose optrede lei. Dit kan nie geduld word nie.”

Hy sê die VF Plus moedig mense aan om by burgerorganisasies en veiligheidsnetwerke aan te sluit.

Intussen sê die polisie in Rustenburg die situasie in Kroondal word reeds sedert Woensdag gemonitor.

“Die stasiekommissaris was voortdurend in gesprek met die plaaslike AfriForum-verteenwoordiger, Dawie Odendaal, en daar is voorkom dat strukture opgerig word,” sê kapt. Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder.

Sy sê twee grondeienaars het met regsprosedure begin.

Augoustides sê die polisie het vanoggend opgetree om ’n groep van ongeveer 70 mense te verdryf wat begin klippe gooi het en ’n vragmotor beskadig het.

“Drie sake van saakbeskadiging en een saak van openbare geweld is geopen,” het Augoustides gesê.

Die polisie monitor steeds die situasie.

Meer oor:  Grondbesetters  |  Grondbesetting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.