Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Nóú wil president swyg oor plaasmoorde’ – AfriForum

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n morele verpligting om ’n sterk openbare standpunt teen plaasmoorde in te neem, juis omdat hy die bestaan van hierdie krisis vroeër op ’n internasionale platform ontken het, meen die burgerregteorganisasie AfriForum.

Ernst Roets, adjunkhoof van AfriForum, het Woensdagoggend hierdie standpunt gehuldig in reaksie op Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, wat Dinsdag aan Netwerk24 gesê het dat Ramaphosa se kantoor bewus is van die pleidooie uit veral die georganiseerde landbousektor dat hy hom moet uitspreek teenoor misdaad op plase. Diko sê egter dat Ramaphosa hom nie oor spesifieke moorde sal uitlaat nie en dat die polisie dit eerder moet hanteer.

Ernst Roets

Die pleidooie het veral gekom ná die moord Sondagaand op Stefan Smit (62), ’n wynboer van die plaas Louiesenhof buite Stellenbosch.

Roets het Woensdag bygevoeg dat Ramaphosa “se verskoning glad nie sin maak nie”.

“Die president het hom al voorheen oor plaasmoorde uitgespreek. Toe hy dit gedoen het, het hy gesê dat daar geen plaasmoorde in Suid-Afrika is nie. Nou dat hy met die syfers gekonfronteer word, is sy antwoord dat dit nie sy plek is om hom daaroor uit te spreek nie en dat hy eerder gaan swyg. Dit is beledigend, om dit lig te stel.”

Roets het hier verwys na die voorval in September 2018 toe Ramaphosa ook in die spervuur oor plaasmoorde was toe hy in New York in ’n TV-onderhoud met Bloomberg gesê het dat daar “geen uitmoor van wit boere” in Suid-Afrika is nie.

Volgens Roets wys AfriForum se jongste statistieke wat Dinsdag uitgereik is oor plaasaanvalle en -moorde sedert die begin van die jaar tot einde Mei, dat die organisasie 184 plaasaanvalle en 20 plaasmoorde in dié tyd kan bewys.

Meer oor:  Afriforum  |  Cyril Ramaphosa  |  Ernst Roets  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle  |  Presidensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.