Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nuwe OP-rugbybaas te besig om oor rooftog te tob

Hy is vroeg Maandagoggend deur twee gewapende mans van geld en ’n Chevrolet-bakkie beroof, maar sy nuwe pos as OP-rugbyhoof hou hom te besig om oor die voorval te tob.

André Rademan Foto: WERNER HILLS

Só het André Rademan, nuutverkose president van die OP Rugbyunie (Opru), in ’n telefoniese gesprek aan Netwerk24 gesê. Rademan is Saterdag in Port Elizabeth gekies as die man wat die bestuur van die unie by Monde Tabata, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se administrateur, sal oorneem.

“Ek het vier vergaderings Maandagoggend gehad, so ek het ná die voorval dadelik met my dag aangegaan,” sê Rademan. “Daar is te veel ander dinge wat gedoen moet word.”

Hy het vertel dat hy en ’n werknemer kort ná 07:00 by sy vulstasiewinkel in Struandale beroof is.

“Toe ons by die deur instap, was daar twee mans agter ons,” sê Rademan. “Hulle het ons met vuurwapens gedreig en geld geëis, en daarna het hulle met my bakkie weggery.

“Ek voel eintlik die slegste oor die dokumente wat op die voorste sitplek gelê het, wat vir my gegee is in my nuwe amp as rugbyhoof. Ek het eintlik die rowers gevra of ek darem my dokumente kan vat, maar toe is hulle weg met die bakkie.”

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ’n gewapende rooftog ondersoek. Hulle is op soek na vyf mans, waaronder drie wat hulleself as klante voorgedoen het terwyl die ander twee Rademan met vuurwapens gedreig het.

Die polisie is nog op soek na die rowers en Rademan se Chevrolet-bakkie.

Meer oor:  André Rademan  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.