Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nuwe polisie-universiteit kom in Hammanskraal

’n Polisie-universiteit gaan op die been gebring word om die gehalte van algemene en gespesialiseerde polisie-ondersoeke te verbeter.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand in sy staatsrede gesê dié universiteit sal in Hammanskraal opgerig word.

Polisiesigbaarheid, doeltreffende opleiding en beter hulpbronne vir polisiekantore is volgens hom ’n prioriteit vir die regering.

“Ek het ons reaksie op die groeiende probleem van misdaadnetwerke, wat bouers en ander ondernemings vir geld afpers, geprioritiseer.”

Gespesialiseerde eenhede is daarop gemik om misdade te bekamp wat ekonomiese ontwrigting veroorsaak. In ’n poging om groei in die toerismebedryf te verseker sal die polisie ook sy sigbaarheid by geïdentifiseerde toeristeaantreklikhede opskerp.

“Die polisie is tans besig met die opleiding van lede wat toerismeveiligheid monitors en sal ’n reserwepolisiekapasiteit skep om te fokus op die polisiëring van toeristeaantreklikhede.”

Teenbende-eenhede sal ook verder versterk word met prioriteit wat aan die Wes-Kaap, die Oos-Kaap, Gauteng en die Vrystaat gegee sal word.

Altesame 7 000 polisierekrute is gelys om vanjaar plaaslike polisiëring te help verskerp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.