Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nuwe veldtog teen plaasgeweld en haatspraak

AfriForum gaan Woensdag saam met die landbou-organisasie Saai met ’n verskerpte veldtog teen plaasmoorde en -aanvalle begin.

’n Mini-dokumentêr oor die moorde op Attie Potgieter (40), sy vrou, Wilna (36), en hul tweejarige dogter, Wilmien, van Lindley in 2010 op hul plaas word bekend gestel en ’n ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa sal ook gepubliseer word, waarin praktiese stappe uiteengesit word van wat die regering behoort te doen om plaasmoorde te bekamp.

Ian Cameron, AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid, en dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sal met die bekendstelling van die veldtog ook wenke aan boere gee om hulself te beveilig. Die jongste statistieke oor plaasaanvalle word ook bekend gestel.

TLU SA sê daar was vanjaar reeds 26 plaasmoorde en 141 plaasaanvalle

Volgens dié organisasie het sy raad en leiding aan plaasbewoners daartoe bygedra dat mense teen moord beskerm word.

“Dit is duidelik dat effektiewe weerstand en die toepassing van noodweerbeginsels tot gevolg gehad het dat etlike aanvallers doodgeskiet is of ernstige skietwonde opgedoen het,” sê Chris van Zyl, TLU SA se adjunkhoofbestuurder.

rassisme
Uitlatings soos dié laat mense glo daar is wel rassisme en haat betrokke wanneer boere aangeval word. Foto: Verskaf

Hy sê boere wat paraat is, het voorkom dat hulle verras en onkant betrap word.

Hy meen boere wat gesorg het dat hulle ’n vuurwapen byderhand het en bewus was van die tekens dat iets verkeerd is, kon ernstige beserings of lewensverlies voorkom.

Hoewel daar in die eerste deel van die staat van inperking bykans geen misdaad was nie, het geweld hierná so toegeneem dat die aantal moorde en aanvalle op plase vir die tweede kwartaal van 2020 nou dieselfde as die eerste kwartaal is.

“Die baie hoë vlakke van geweld teen slagoffers is buite verband met die ooglopende motiewe soos roof en die diefstal van kontant, vuurwapens en verhandelbare goedere soos rekenaars en selfone,” sê Van Zyl.

Hy sê georganiseerde landbou beskik nie oor die vermoë om hofsake te monitor om vas te stel wat die ware motiewe is nie.

Hy sê egter ’n ontleding daarop dui dat wit boere en hul gesinne meer as twee derdes van vermoorde slagoffers uitmaak. Sedert 1994 is 30 wit plaaswerkers en 153 swart plaaswerkers vermoor.

“Die besondere hoë vlakke van geweld en onbeskaamde marteling getuig van ’n hoë vlak van rassehaat wat ons baie bekommerd stem,” sê hy.

Die DA het Dinsdag gevra dat die Menseregtekommissie (MRK) haatspraak teen boere ondersoek.

Meer oor:  Afriforum  |  Saai  |  Boere  |  Haatspraak  |  Plaaswerkers  |  Plaasgeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.