Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skietery op Nuwejaar: ‘Stadig met beweringe van terreur’

’n Mens moet daarteen waak om die Isis-vlag hoër te laat wapper as hulle self.

Dit is Jasmine Opperman, Afrika-direkteur van die konsortium vir terrorismenavorsing en -ontleding (Trac), se mening oor die bewerings dat die Nuwejaarsdag-skietvoorvalle in Johannesburg met terrorisme verband kan hou.

“Ons moet versigtig wees om nie ons eie afleidings te maak nie, maar dit beteken nie dit is nié ’n moontlikheid nie. Terroristegroepe is al sedert 2015 op Suid-Afrikaanse bodem en ons kan nog aanvalle verwag,” sê sy.

Ralph Fredericks is tydens die voorval in sy hand en deur die bors geskiet. By hom is Sherwin Basdew wie se vrou, Samantha, in die voorval dood is. Hulle het op 5 Januarie die gedenkdiens by die restaurant Poppy’s bygewoon. Foto: Felix Dlangamandla

Twee mense is dood en ses is beseer toe ’n aanvaller vroegoggend op 1 Januarie vanuit ’n voertuig op partytjiegangers by die restaurant Poppy’s in Melville losgebrand het. Nog 11 mense is dieselfde oggend beseer toe vermoedelik dieselfde aanvaller ook vanuit ’n voertuig op partytjiegangers op die Mary Fitzgeraldplein in Newtown losgebrand het.

Twee mense is vroeër die aand in ’n skietvoorval by die Jolly Cool-kroeg en -restaurant in Parkhurst gewond.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat wapens wat gevind is by vyf mense wat onlangs ná ’n ontvoeringsvoorval in hegtenis geneem is, moontlik in die Melville-skietery gebruik is.

Die joernalis Barry Bateman het Woensdag op eNCA berig ’n Isis-opleidingsboekie en ’n Isis-vlag is op die toneel gevind waar die verdagtes in hegtenis geneem is. Rapport het Sondag berig dat die nommerplaat van die voertuig waaruit skote op die drie plekke in Johannesburg geskiet is, by die verdagtes gevind is.

Ricardo Uzair Sasman, Muhammed Waseem Mullah en Lebogang Gift Mamabolo word volgens die nasionale vervolgingsgesag van ontvoering, roof met verswarende omstandighede, afpersing,’n en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie aangekla. Hulle verskyn weer Maandag in die landdroshof in Johannesburg om formeel vir borgtog aansoek te doen.

Nog twee verdagtes, Alfred Alabi en Joice Woiche, word van die besit van ongelisensieerde vuurwapens aangekla en ook dat hulle onwettig in die land is. Hulle het Donderdag weer in die landdroshof in Vereniging verskyn.

Daar staan nêrens dat hulle van terrorisme aangekla word nie.

"Daar staan nêrens dat hulle van terrorisme aangekla word nie,” sê Naidoo.

Opperman sê die bewyse wat tans aan die publiek bekend is, dui daarop dat die betrokkenes eerder ’n sindikaat is wat deur finansiële gewin gemotiveer word.

“Met Isis-aanvalle is daar duidelike tekens dat die aanval in (die terreurgroep se) naam gepleeg is. As hierdie mense met hulle verbind word, is hulle verantwoordelik vir finansies eerder as om aanvalle uit te voer,” sê Opperman.

Michael Sun, DA-woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in Johannesburg, sê die publiek moenie dink terrorisme is net iets wat in Amerikaanse flieks gebeur nie.

“Wanneer ons aanvalle van dié aard sien, is ons dadelik geneig om te dink dit word gekoppel aan roof of kaping, want dit is ongelukkig die misdade waaraan ons gewoond is. Ons moet ons egter nie daarteen vasstaar nie en besef dat terrorisme werklik ’n moontlikheid is,” sê Sun.

Meer oor:  Jasmine Opperman  |  Mellville  |  Beweringe  |  Nuwejaar  |  Skietery  |  Terreur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.