Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nyanga het hoogste moordsyfer in SA

Nyanga in die Wes-Kaap is steeds Suid-Afrika se gevaarlikste plek waar die grootste aantal moorde in die afgelope boekjaar aangeteken is.

Die land se misdaadstatistieke vir die boekjaar van 1 April 2017 tot 31 Maart 2018 is Dinsdag deur Bheki Cele, minister van polisie, by die parlement bekend gemaak.

Bheki Cele, minister van polisie. Foto: Jaco Marais

Polisiekantore in die Wes-Kaap het weer die hoogste aantal moorde in die boekjaar aangeteken.

Volgens die jongste misdaadstatistieke het die Nyanga-polisiekantoor ’n rekordgetal moorde van 308 in die boekjaar aangemeld. Dit is 27 meer as die vorige boekjaar. Philippi-Oos is derde op die lys met 205 moorde, 55 meer as die vorige jaar. Delft is vyfde met 195 moorde, 12 meer as die vorige jaar. Khayelitsha is in die sesde plek met 192 moorde en Kraaifontein sewende met 186 moorde. Agste op die lys is Gugulethu met 182 moorde terwyl Mfuleni in die tiende plek is met 157, gevolg deur Harare waar 142 mense vermoor is. Die Harare-polisiekantoor het ’n verlaging van 18,4% (32 moorde) in sy moordsyfers gesien.

Mitchells Plain is in die 12de plek met 140 moorde en Bishop Lavis 21ste op die lys met 98 moorde wat daar aangeteken is.

Meer oor:  Bheki Cele  |  Nyanga  |  Wes-Kaap  |  Misdaadstatistieke  |  Moordsyfer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.