Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nyanga: Weermag nie oplossing vir 'oorlogsone'

“Ons wil nie die weermag hê nie, mense voel klaar asof hulle in ’n oorlogsone bly. Die weermag sal nie ’n verandering bring nie, maar dinge net vererger.”

So sê die Nyanga-gemeenskapspolisiëringsforum oor die Wes-Kaapse regering se versoek dat die weermag se hulp ingeroep moet word om ernstige misdaad hok te slaan.

Martin Makasi, voorsitter van die Nyanga-polisiëringsforum.

Nyanga is Suid-Afrika se gevaarlikste woonbuurt met die grootste getal moorde die afgelope boekjaar. Volgens die jongste misdaadstatistieke het die Nyanga-polisiekantoor ’n rekordgetal moorde van 308 aangemeld – 27 meer as die vorige boekjaar.

“Ons is nie gelukkig oor die misdaadstatistiek nie. Die polisie en al die regeringsfere sal uit hul Eiffeltoring moet kom en die misdaadsituasie met die mense moet kom bespreek,” sê Martin Makasi, voorsitter van die Nyanga-polisiëringsforum.

Makasi sê hoewel die weermag nie die oplossing is nie, kan daar ook nie van die polisie verwag word om misdaad alleen aan te pak nie.

“Waar is die stad se wetstoepassers? Hulle is nêrens te sien alvorens daar nie protesaksie is of hulle taxibestuurders in die visier het nie.”

Volgens hom kan die stad se wetstoepassers ’n veel groter rol speel om wetteloosheid te bekamp. Die stad beweer daar is 13 kringtelevisiekameras in die gebied, maar volgens die gemeenskap werk nie al die kameras nie.

Makasi sê die oorbevolking in Nyanga help ook nie.

“Die ergste is dat die Kaapstad-metro en die provinsiale regering voortdurend nuwe behuisingsontwikkelings goedkeur. Tans is daar net een polisiekantoor wat die gebied bedien, maar meer en meer ontwikkelings word goedgekeur.”

Die Weltevreden- (Nyanga) polisiekantoor wat tans gebou word, sal welkome verligting bring.

Wat die polisie ook al tot dusver gedoen het om die geweld te bekamp, het nie gewerk nie.

Makasi sê die polisiëringstrategie vir die gebied moet dringend hersien word.

“Wat die polisie ook al tot dusver gedoen het om die geweld te bekamp, het nie gewerk nie. Elke jaar raak die misdaadsyfers net erger.”

Hy sê ’n plan moet dringend beraam word om misdadigers vas te vat.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Misdaad  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.