SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
‘O-Kaap het nuwe speurders nodig’

Bobby Stevenson, DA-LPW, sê dit is dringend noodsaaklik dat nuwe speurders gewerf moet word om hierdie afdeling van die polisiediens in die Oos-Kaap tot volle sterkte te bring.

Stevenson het gereageer op Weziwe Tikana, LUR vir veiligheid in die Oos-Kaap, se antwoord op ‘n parlementêre vraag in die provinsiale parlement waarin hy bevestig het daar is tans ’n tekort van 783 speurders (20%) in die provinsie.

Tikana het ook bekend gemaak dat slegs 60% van die speurders in die provinsie hul basiese leerprogram vir speurders voltooi het, terwyl slegs 65% die huidige bevelvoerders in die speurafde-ling, uit ’n totaal van 254, hul verpligte opleiding voltooi het.

Stevenson sê hoewel hy dit verwelkom dat die opleiding van speurders in die Oos-Kaap in die 2020-’21-boekjaar geprioritiseer gaan word, is dit noodsaaklik dat die werwing van nuwe speurders dringend aandag verg.

“Die speurafdeling is een van die sleutelpilare in die oorlog teen misdaad en die groot getal vakatures moet verminder word. Elke vakante speurderpos skep die moontlikheid vir misdadigers om met misdaad weg te kom.

“Elke goeie ondersoekafdeling wat bewyse kan insamel wat kan lei tot suksesvolle vervolging van misdadigers is beslissend om misdaad in bedwang te hou in ons gemeenskap.

“Dit kan slegs gebeur as daar goed opgeleide speurders is,” sê Stevenson.

“Die 20% beteken ook dat daar minder speurders is om die misdaadlas tans te hanteer.”

Meer oor:  Bobby Stevenson  |  Oos-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.