Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oënskynlike misdaadnes in Westbury oopgekrap

Dit blyk dat die polisie ’n oënskynlike misdaadnes oopgekrap het in Westbury nadat onder andere ook twee polisiebeamptes in hegtenis geneem is.

Ao. Wynand Steyn (45) en sers. Tom Keet (42) is Woensdagaand weens dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem.

Hulle het na bewering belangrike bewyse versteek toe hulle eerste op die toneel van die moord op Bradley Sauls (21) in dié geweldgeteisterde buurt opgedaag het, sê brig. Vishnu Naidoo, ’n polisiewoordvoerder.

Vier ander verdagtes is Vrydag en nog een Woensdagoggend in verband met die moord in hegtenis geneem. ’n Vuurwapen en dwelms is na bewering by hulle gekry.

Naidoo sê meer inhegtenisnemings kan moontlik volg.

Sauls is in Julie vanjaar vermoor nadat hy daarvan beskuldig was dat hy die seun van een van die verdagtes vermoor het, sê brig. Mathapelo Peters, Gautengse polisiewoordvoerder.

Die multidissiplinêre taakspan van die polisie in Westbury ondersoek die saak.

Bheki Cele, minister van polisie. Foto: Adrian de Kock

Bheki Cele, minister van polisie, en genl. Khehla Sitole, kommissaris van polisie, het opdrag gegee dat die taakspan aangestel word. Dit was in reaksie op die geweld wat in die buurt uitgebreek het omdat inwoners keelvol vir die dwelmhandel, korrupsie en misdaad is.

Inwoners kla ook dat lede van die polisie by die misdade betrokke is.

Sedertdien is talle lede van die polisie in Westbury ontplooi.

Die vier verdagtes wat Vrydag in hegtenis geneem is, is Taiton Palmer, Dennis Oliphant, Desmond Oliphant en Keenan Ebrahim. Hulle het Maandag in die hof verskyn en sal tot hul volgende verskyning Donderdag in aanhouding bly. Al sewe die verdagtes sal na verwagting Donderdag saam verskyn.

Die staat sal enige aansoek om borgtog teenstaan, sê Naidoo.

Daar is ook ’n departementele ondersoek teen die twee polisiebeamptes

Naidoo sê meer inhegtenisnemings kan dalk volg.

Meer oor:  Westbury  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.