Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Omstrede profeet en sy vrou vasgetrek
Die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary. Foto: EKG-kerk se Facebook-blad

Die selfverklaarde profeet Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, is blykbaar deur die Valke in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie en geldwassery ter waarde van R102 miljoen.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, wou egter nie bevestig of die Bushiris die “egpaar” is wat in hegtenis geneem is alvorens die verdagtes in die hof verskyn het nie.

“Die man, 37, het homself by ’n polisiekantoor in Silverton oorgegee terwyl sy vrou, 39, in Sandton vasgetrek is.

“ ’n Ander egpaar, Willah en Zethu Mudolo, is Saterdag by die O.R. Tambo-lughawe op soortgelyke aanklagte in hegtenis geneem. Hulle het sedertdien in die landdroshof in Pretoria in verband met korrupsie en geldwassery verskyn. Hul saak is tot 30 Oktober uitgestel,” sê Mogale.

Ephraim Nyondo, woordvoerder van die EKG-kerk, waar Bushiri ’n pastoor is, het in ’n verklaring gesê die Valke het Mary Bushiri in hegtenis geneem.

Nyondo het gesê Bushiri het na die Valke se kantore gegaan om homself te oorhandig ná die inhegtenisneming van sy vrou.

Die Bushiri-egpaar is in Februarie verlede jaar deur die Valke op ’n afsonderlike aanklag van bedrog en geldwassery ten bedrae van meer as R15 miljoen gearresteer. Bushiri en sy vrou is destyds deur die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria op borgtog van R100 000 elk vrygelaat. Hulle sal op 31 Mei aanstaande jaar verhoor word.

Die EKG-kerk het later op hul Facebook-blad geskryf:

“Die profeet en die profetes wil u almal bedank vir u gebede van vertroosting en krag. Moenie ophou nie.

Ons wil u in kennis stel dat hulle nog steeds by die Valke is, soos vroeër aangekondig, maar die hand van die Here is by hulle.”

Meer oor:  Geldwassery  |  Korrupsie  |  Shepherd Bushiri
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.