Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onbekende aanvallers steek leerling 13 keer tydens pouse

’n Leerling aan ’n skool in Mitchells Plain, Kaapstad, het flou geval, terwyl sy toegekyk het hoe haar ouer broer in gr. 11 tydens pouse aangeval is en minstens 13 keer met ’n skerp voorwerp gesteek is.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), sê die gr. 11-seun is op 25 April tydens tweede pouse aangeval deur drie mans wat oor die skool se heining gespring het. Hy is bo sy linkeroog en meestal aan die regterkant van sy lyf gesteek.

“Die skool het aan die WKOD gesê dat minstens drie gewapende mans oor die skool se hek gespring het toe tweede pouse aangebreek het, waarna hulle die betrokke leerling geteiken het en hom minstens 13 tot 15 keer gesteek het,” lui die verklaring.

“Die skoolklok is onmiddellik gelui sodat die leerlinge na veiligheid geneem kon word, terwyl die skool se veiligheidsbeamptes gehardloop het om die leerling te help.”

Die leerling se suster, wat in gr. 10 is, het die voorval aanskou en flou geval.

Shelver sê die seun is in ’n stabiele toestand in die hospitaal, waar hy aansterk. Sy sê ook dat die polisie patrollies buite die skool opgeskerp het.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie in Mitchells Plain het omstreeks 12:30 op die toneel by die skool opgedaag nadat die leerling met die skerp voorwerpe aangeval is.

Van Wyk het bevestig dat die verdagtes oor die skool se hek gespring het en die leerling verskeie kere in die kop en bors gesteek het, waarna hulle weggehardloop het.

Die seun is na ’n nabygeleë kliniek vir behandeling geneem, terwyl sy suster berading sal ontvang.

Die polisie sê hulle ondersoek ’n saak van poging tot moord en dat daar moontlik ses verdagtes betrokke was.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Van Wyk sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat die voorval met bendeaktiwiteite verband hou.

Shelver sê egter volgens die skool is die leerling sover kennis strek nie aan enige bendes geaffilieer nie.

Meer oor:  Jessica Shelver  |  Mitchells Plain  |  Messteek  |  Aangeval  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.