Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Ondanks suksesse vrees SA’ners steeds dié 3 misdade’

Hoewel die vervolgingsvlakke van die drie mees gevreesde misdade in Suid-Afrika hoogs suksesvol is, voel landsburgers steeds baie onveilig, het adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolgings (NDOV), Dinsdagoggend in die parlement gesê.

Adv. Shamila Batohi. Foto: DAILY SUN

Batohi en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se topbestuur het voor die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste oor onder meer die NVG se 2018-’19-jaarverslag verslag gedoen.

Batohi het gesê die suksesvolle vervolgingsvlakke van hierdie drie misdade – rooftogte by huise en ondernemings asook motorkapings – was in die betrokke boekjaar gemiddeld 80%.

Volgens haar is dit egter nie genoeg nie en moet die NVG in samewerking met die polisie maniere vind om die bestryding en vervolging van hierdie tipe misdade nog doeltreffender maak.

*Volg Netwerk24 vir meer hieroor.

Meer oor:  Shamila Batohi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.