Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ondersoek ingestel na vandalisering van vragmotors

Die polisie in Gauteng en KwaZulu-Natal ondersoek klagte van saakbeskadiging en brandstigting nadat verskeie vragmotors in dié provinsies onder betogers deurgeloop het.

In albei dié provinsies is vragmotors sedert Dinsdag weens die voortslepende betogings onder vragmotorbestuurders met petrolbomme en klippe bestook.

Volgens die Ekurhuleni-metropolisiediens (EMPD) is sewe vragmotors sedert Dinsdag gevandaliseer.

DIe staalraamwerk van ’n vragmotor se sleepwa is al wat oorgebly het nadat betogers die vragmotor in Roodekop-weg in Germiston met petrolbomme bestook het. Foto: Verskaf

“Vyf vragmotors is met petrolbomme aan die brand gesteek, terwyl twee met klippe bestook is,” sê Thabiso Makgato, woordvoerder van die EMPD.

Sy sê die voorvalle was in Alberton, Alrode en Germiston aan die Oos-Rand. “Vragmotors is op die Heidelbergpad op die hoek van die R554 en die R103 beskadig, asook op die ou Vereeniging-pad en Roodekop-weg,” sê Makgato.

Sy sê niemand is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie en vra mense met inligting hieroor om na vore te kom.

Geen gevalle is Donderdag aangemeld nie.

“Die polisie hou die situasie dop,” sê Makgato.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het ook bevestig dat verskeie vragmotors in dié provinsie onder betogers deurgeloop het, en dat die polisie die voorvalle ondersoek.

Sy kon egter nie onmiddellik sê hoeveel vragmotors betrokke was nie.

Mbhele het wel gesê geen voorvalle is Donderdag aangemeld nie.

Die vandalisering van vragmotors volg nadat vragmotorbestuurders sedert Dinsdag betoog.

Hulle is glo ontevrede omdat vragmotor-eienaars en logistieke maatskappye buitelandse eerder as plaaslike bestuurders aanstel.

Dit is veral die Wes-Kaap wat die ergste geraak word en verskeie vragmotors is al aan die brand gesteek.

Die stakings het glo daartoe begin lei dat plaaslike bestuurders mekaar opstook om buitelandse bestuurders se vragmotors te kaap, paaie te versper, die sleutels te steel en weg te hardloop of om die vragmotor aan die brand te steek.

Dit is veral die Wes-Kaap wat die ergste geraak word en verskeie vragmotors is al aan die brand gesteek.

Verskeie paaie in die Kaapstadse metrogebied is reeds versper.

Intussen het die Padvragvereniging (RFA) die betogers se optrede oor die land heen ten sterkste veroordeel.

Gavin Kelly, voorsitter van die RFA, sê daar is geen rede vir plaaslike vragmotorbestuurders om gewelddadig te raak, of om “onskuldige” buitelandse vragmotorbestuurders te teiken nie. “Die nasionale staking onder vragmotorbestuurders is nie die oplossing nie,” sê hy.

Die departemente van vervoer en arbeid wou nie kommentaar lewer op die vandalisering van vragmotors nie en het Netwerk24 na die polisie verwys.

Meer oor:  Gauteng  |  Kwazulu-Natal  |  Vragmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.