Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ondersoek ná 11-jarige kopwond tydens betoging opdoen

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die omstandighede rondom ’n voorval waar ’n 11-jarige kind in St. Helenabaai in die Wes-Kaap ’n kopwond in vermoedelik ’n betoging opgedoen het.

Luidens gerugte het die polisie Vrydag op ’n groep betogers geskiet toe die kind getref is.

Kol. Andrè Traut, ’n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het by navraag gesê dat polisielede in Laingville ontplooi is om ’n betoging wat met dienslewering verband hou te polisieer.

“Gemeenskapslede het die strate in die omgewing ingevaar en bande aan die brand gesteek,” sê hy.

“Nadat ons magte uit die gebied onttrek is, is daar berig dat ’n elfjarige seun wat in Begoniastraat woon, ’n kopwond opgedoen het. Daar moet nog vasgestel word hoe die wond toegedien is.

“Die omstandighede rondom die voorval en wie die seun beseer het, word deur Opod ondersoek.”

Meer oor:  St. Helenabaai  |  Kopwond  |  Besering  |  Betogers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.