Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ondersoek nadat polisie bebloede kamer net so los

’n Interne ondersoek gaan gedoen word om vas te stel waarom polisiebeamptes ’n bebloede gastehuiskamer agtergelaat en eers twee dae later bewysstukke daar begin versamel het.

Die eienaar van dié betrokke gastehuis naby die O.R. Tambo-lughawe buite Johannesburg sê die polisie het op 3 Mei opgedaag toe hulle ontbied is.

Hulle het glo later gesê hulle sal terugkom as hulle iets te ete gehad het, maar “hulle het nooit teruggekom nie”, sê die eienaar, wat anoniem wil bly.

Kapt. Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Netwerk24 gesê as die lede skuldig bevind word, sal dissiplinêre stappe gedoen word.

Dit is onduidelik hoeveel bewyse uiteindelik bymekaar gemaak is.

Die eienaar sê ná herhaaldelike pogings om die polisie weer daar te kry, het hulle die volgende dag begin om die plek op te ruim.

Daardie aand laat het hy glo ’n oproep gekry van iemand wat gesê het hy moet onmiddellik daarmee ophou. En Woensdag was daar baie polisievoertuie en die vertrek is gefynkam vir leidrade.

Masondo het gesê hulle doen ondersoek na waarom die polisielede wat op die Maandag daar was, nie onmiddellik die forensiese eenheid in kennis gestel het van die situasie nie.

Netwerk24 het betroubaar verneem forensiese monsters wat op die toneel gevind is, is eers die afgelope Dinsdag weggestuur vir toetse.

Masondo het nie vrae hieroor beantwoord nie.

Toetse sal bepaal of dit wel menslike bloed was en ook die moontlikheid bevestig of Yolandi Botes (35) daar vermoor kon gewees het.

Botes was nege dae lank vermis voordat haar liggaamsdele op Dinsdag 4 Mei by ’n vakansieoord by Villiers in die Vrystaat gevind is.

Die eienaar het aan Netwerk24 gesê niemand wat aan haar beskrywing voldoen, was in enige stadium by sy gastehuis nie.

Meer oor:  Yolandi Botes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.