Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ondersoek vorder nadat motors aan brand gesteek is

’n Polisie-ondersoek deur ’n spesiale span nadat vier motors verlede week in Thembalethu in George in die Suid-Kaap aan die brand gesteek is, vorder goed.

’n Motor van die verkeersafdeling in George wat verlede Donderdag in Thembalethu aan die brand gesteek is.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Maar die ondersoek is in ’n gevorderde stadium en ons hoop om binnekort ’n deurbraak te maak.”

Die motors – twee van die verkeersdepartement in George en twee private voertuie – is verlede Donderdag in die vroeë oggendure aan die brand gesteek. Een van die private voertuie behoort aan ’n verkeersbeampte.

Niemand is in die voorvalle beseer nie.

’n Voorlopige ondersoek het getoon dat die voertuie aan die brand gesteek is nadat verkeersbeamptes aan ’n spesiale optrede teen onpadwaardige taxi’s deelgeneem het.

Ekstra polisiebeamptes is in die gebied ontplooi en die situasie word gemonitor.

Volgens Pojie kyk die polisie na beeldmateriaal van kringtelevisiekameras in die gebied waar die motors aan die brand gesteek is.

“Weens die sensitiwiteit van die ondersoek kan die polisie nie die spesifieke ligging van die kameras bekend maak nie,” sê hy.

Mense met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Jakobus Maton, by 073 046 8482 bel of die Stop Misdaad-nommer by 086 100 1011.

* Donald Grant, Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, het verlede Vrydag bekend gemaak dat George as ’n hoërisikogebied vir taxigeweld verklaar word.

Meer oor:  George  |  Polisie-Ondersoek  |  Taxi's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.