Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Onderwêreld-baas’ by huis in Kaapstad aangekeer

’n Vermeende lid van die Kaapse onderwêreld en ’n vennoot van Mark Lifman, nog ’n Kaapse sakeman met vermeende bande met die Kaapse onderwêreld, is Donderdagaand kort ná 21:00 by ’n huis in Loevenstein, langs Plattekloof, in Kaapstad se noordelike voorstede in hegtenis geneem.

Die huis waar die man in hegtenis geneem is, is glo reg langs die huis van Colin Booysen, jonger broer van Jerome “Donkie” Booysen, vermeende leier van die Sexy Boys en 26-bende van Belhar.

Bronne het gesê ’n man wat glo ’n private speurder is en al werk gedoen het vir onder andere Donkie, die Sexy Boys en die man wat Donderdagaand in hegtenis geneem is, is terselfdertyd by ’n huis in Parklands langs Bloubergstrand in hegtenis geneem.

Die polisie het glo op die private speurder se skootrekenaar beslag gelê. Die inhegtenisnemings hou glo verband met ’n saak van afpersing.

Die polisie het Vrydagoggend bevestig twee verdagtes, albei 49 jaar oud, is by hul huise aangekeer.

"Hulle is gisteraand by hul onderskeie wonings in Plattekloof en Parklands in hegtenis geneem op aanklagte van intimidasie, aanranding met die doel om ernstig te beseer, afpersing, afdreiging en ontvoering," het lt.kol Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Traut sal hulle in die hof verskyn sodra hulle formeel aangekla word.

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.