Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onderwyser van Katolieke skool verkrag meisie glo in klas

Die 33-jarige onderwyser van ’n Katolieke skool op ’n groot dorp in die Wes-Kaap, wat daarvan aangekla word dat hy ’n 13-jarige leerling verkrag het, het die leerling na bewering in die klaskamer verkrag.

Kapt. Tobela Dyasi, polisiewoordvoerder, sê die voorval het in ’n laerskool in die betrokke dorp plaasgevind.

Die onderwyser is op 19 Februarie in hegtenis geneem op aanklag daarvan dat hy die meisie op 12 Februarie verkrag het.

“Die onderwyser het die 13-jarige meisie glo in een van die klaskamers op die skoolterrein verkrag. Die meisie is ’n leerling by die betrokke skool,” sê Dyasi.

Sy sê die verdagte is deur die eenheid vir gesinsgeweld in hegtenis geneem nadat die voorval by die polisie aangemeld is.

Soos vroeër op Netwerk24 berig is die onderwyser, wat in 2019 deur die skool se beheerliggaam aangestel is, se kontrak opgeskort.

Bronagh Hammond, kommunikasiehoof van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), sê die beweringe teen die onderwyser is “verskriklik kommerwekkend en verontrustend”.

“Ons kan net bevestig dat die beheerliggaam die onderwyser aangestel het en dat sy kontrak vroeg verlede week opgeskort is.”

Die bisdom op wie se grond die skool gebou is, het Vrydag toe Netwerk24 hieroor navraag doen, niks van die voorval geweet nie.

Vader John Atkinson, administrateur van die bisdom waaronder die betrokke skool val, sê hulle is “geskok om te hoor van die beweringe van kindermishandeling” teen ’n onderwyser van dié skool.

Dit is ’n openbare skool wat op private eiendom gebou is. Die bisdom besit die gebou, maar die WKOD is in beheer van die skool.

“Dit is ’n openbare skool wat op private eiendom gebou is. Die bisdom besit die gebou, maar die WKOD is in beheer van die skool.”

Die onderwyser verskyn weer Donderdag in die hof nadat hy verlede Vrydag in die hof verskyn het.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, het Maandag gesê die onderwyser is van ’n bylae 6-oortreding – die verkragting van ’n minderjarige – aangekla.

Die staat staan borgtog teen.

Meer oor:  Katolieke Skool  |  Vader John Atkinson  |  Wes-Kaap  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.