Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onderwyser van Virginia voor huis doodgeskiet

’n Onderwyser van Merriespruit, Virginia, is Donderdagaand onder raaiselagtige omstandighede buite sy erf in Doornstraat doodgeskiet.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê Thabiso Moeketsi het omstreeks 18:00 by sy huis aangekom.

Hy het sy voertuig voor sy hek geparkeer en wou die hek oopmaak toe twee onbekende mans op hom losgebrand het.

Die moordtoneel in Virginia waar ’n onderwyser Donderdag doodgeskiet is toe hy die hek by sy erf wou oopmaak.

Moeketsi het na sy bure probeer vlug, maar is verskeie kere in die rug geskiet en het twee huise verder inmekaar gesak.

Makhele sê die bure het die polisie gebel wat Moeketsi dood aangetref het.

Vyf patroondoppies, Moeketsi se huis- en motorsleutels en sy twee selfone is op die moordtoneel gevind.

Makhele sê Moeketsi was al in sy 60’s en was ’n onderwyser by die Mamello Secondary School in Meloding, Virginia.

Makhele sê die polisie beskou die moord as raaiselagtig en is op soek na die twee verdagtes.

Thabiso Moeketsi is hier in Merriespruit, Virginia, doodgeskiet.

Meer oor:  Vrystaat  |  Virginia  |  Onderwyser  |  Moord  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.