Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onderwyser vas ná klag van verkragting

’n Onderwyser aan die Mbilwi Secondary School in Sisbasa, buite Thohoyandou, in Limpopo, is Vrydag by die skool in hegtenis geneem weens die beweerde verkragting van ’n oudleerling.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die beweerde verkragting van ’n 17-jarige meisie het glo in 2018 gebeur toe sy in gr. 12 was.

Mojapelo sê die 50-jarige man het glo aangebied om die meisie met ekstra klasse te help. Hy het haar glo ná skool na ’n lodge gevat waar sy glo verkrag is.

Die onderwyser het die meisie daarna glo gedreig en haar na bewering geld aangebied om stil te bly oor wat glo gebeur het.

Mojapelo sê die slagoffer het in April ’n klag van verkragting by die Thohoyandou-polisiekantoor ingedien. Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS) het die saak ondersoek.

Die onderwyser sal Maandag op ’n aanklag van verkragting in die landdroshof in Thohoyandou verskyn.

Lt.genl. Thembi Hadebe, polisiehoof in Limpopo, het die voorval ten sterkste veroordeel.

• Netwerk24 verneem betroubaar die meisie het die klagte ingedien ná die voorval in April toe Lufuno Mavhunga (15), wat ook ’n gr. 10 leerling aan die Mbilwi Secondary School was, glo aangerand is. Mavhunga het ná die voorval haar eie lewe geneem.

’n 15-jarige medeleerling is in hegtenis geneem ná dié voorval, wat op video vasgevang en wyd op sosiale media versprei is. Sy is op borgtog van R1 500 in die sorg van haar ma vrygelaat en sal later weer in die landdroshof in Thohoyandou verskyn.

Die departement van onderwys se ondersoek na beweerde boeliegedrag by die skool is nog nie afgehandel nie.

Die Menseregtekommissie (MRK) in Limpopo is ook besig met ’n ondersoek na die skool.

Die Mbilwi Secondary School is een van Limpopo se top-skole en lewer elke jaar top-presteerders in die matriekeindeksamen.

Meer oor:  Brig. Motlafela Mojapelo  |  Limpopo  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.