Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onnie kritiek 'nadat kollega haar met mes steek'

’n Onderwyseres in Noordwes is in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat ’n kollega wat glo geweier het om sy hande te ontsmet, haar Maandag by hul skool verskeie kere met ’n mes gesteek het.

Kinders en onderwysers wat die voorval gesien het, is erg getraumatiseer en sal berading kry, het Elias Malindi, woordvoerder vir Noordwes se onderwysdepartement, in ’n mediaverklaring gesê. Volgens hom is bouwerk aan die gang by die Tolamo Primary School in ’n nedersetting naby Brits.

“Die kinders word tydelik in die skoolsaal onderrig. Die 64-jarige verdagte het glo geweier om sy hande te ontsmet en sy temperatuur te laat meet toe hy by die saal wou ingaan. Hy het na bewering ’n klapmus gedra.

"Die verdagte het glo ’n 37-jarige onderwyseres na buite geroep, waarna ’n stryery ontstaan het. Die verdagte het haar na bewering verskeie kere in die nek en rug gesteek.”

Volgens Malindi het ander personeellede die verdagte gevang en die polisie gebel. Die beseerde onderwyseres word in die waakeenheid van ’n plaaslike hospitaal verpleeg.

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, het die voorval ten sterkste veroordeel. “Ons is ontsteld en teleurgesteld. Geslagsgegronde geweld sal nie in ons skole geduld word nie. Enigiemand wat hom- of haarself daaraan skuldig maak, sal met die volle mag van die reg te doen kry. Dankie aan die ander personeellede wat die aanvaller gevang het.”

Matsemela sal die skool na verwagting Dinsdag besoek.

Meer oor:  Elias Malindi  |  Noordwes  |  Gesteek  |  Onderwyser  |  Kritiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.