Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onderwyskenner in woonstel in Kaapstad vermoor
John Curran Foto: Facebook
John Curran Foto: Facebook

Die lyk van ’n onderwyskenner is Woensdag in sy woonstel in Kaapstad aangetref en die polisie ondersoek ’n moordsaak.

John Curran was betrokke by Mellon Educate en was tot onlangs die direkteur van onderwys by dié organisasie.

“Curran het onlangs ’n kontrak van twee jaar as hoof van Mellon Educate se onderwysspan in Suid-Afrika voltooi en sou tot die einde van die jaar in Kaapstad vakansie hou,” sê die organisasie in ’n verklaring.

Die polisie het bevestig dat die moord op ’n 60-jarige man in sy woonstel aan die Buitengracht in Kaapstad ondersoek word. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens Mellon Educate is Curran se familie in Ierland van sy dood in kennis gestel en staan dié organisasie en die Ierse ambassade hulle by.

Curran is oorspronklik van Dublin, Ierland.

Luidens sy profiele op sosiale media is Curran ’n “vryskut-konsultant in onderwys en openbare betrekkinge”.

Volgens Mellon Educate se webwerf steun dié organisasie ontwikkeling in Afrika en is dit in 2002 deur die ontwikkelaar en filantroop Niall Mellon gestig.

Die organisasie het al met die hulp van 22 000 vrywilligers en die Suid-Afrikaanse regering huise vir 125 000 hawelose mense in “van die armste townships” gebou.

Teen 2012 is daar al 25 000 huise gebou.

*Van 2005 tot 2009 was Curran ’n skakelbeampte van die Irish Primary Principals Network (IPPN).

Voor dit was hy ’n onderwyser by die  Good Shepherd National School in Dublin - hy het in September 1989 daar begin werk.

Meer oor:  Mellon Educate  |  John Curran  |  Kaapstad  |  Vermoor  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.