Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ongevalle-afdeling toe ná intimidasie van bendelede

Bende-optrede het daartoe gelei dat die ongevalle-afdeling van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein Donderdagnag gesluit is.

Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdienste, sê die hospitaalowerhede is om 21:00 ingelig dat iemand wat glo “Spieker” genoem word, hom baie swak gedra het in die ongevalle-afdeling.

Mondli MvambiFoto: Netwerk24

“Na wat verneem word, is hy vroeër by die Lemo Mall aangeval. Toe hy by die hospitaal opdaag, was hy glo aggressief teenoor al die mediese personeel en het hulle geïntimideer.

“Hy wou gehelp word voor al die mense wat reeds daar gesit en wag het. Dit sou neerkom op ’n oortreding van die prosedures van mediese personeel.

“Saam met hom was gewapende bendelede wat toe ook die personeel gedreig het.

“Die personeel het gevlug om skuiling te soek en personeel wat toe vir hul skof opgedaag het, kon nie met hul werk in die ongevalle-afdeling begin nie.

“Die veiligheidspersoneel is almal by die ongevalle-afdeling ontplooi en die polisie is ontbied.

“Die orde is later herstel, maar personeellede wou nie verder daar werk nie. Die ongevalle-afdeling is toe vir die nag gesluit.

“Mense wat reeds in die afdeling was, is na sale geneem en nuwe pasiënte is na ander hospitale verwys.”

Mvambi sê die saak is nou in die hande van die polisie, maar die Vrystaatse gesondheidsdepartement is besig om sy veiligheidsmaatreëls op te skerp.

Meer oor:  Pelonomi-Hospitaal  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.