Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onnie doodgeskiet in skool se gang in KZN

’n 49-jarige onderwyser het Dinsdagoggend gesterf in die gang van ’n skool in KwaZulu-Natal nadat ’n man hom in die kop en die maag geskiet het.

Muzi Mahlambi, woordvoerder van die onderwysdepartement in KwaZulu-Natal, het gesê Sboniso Nyawose was ’n gr. 7-onderwyser aan die Masuku Primary School in Folweni, suidwes van Umlazi. Dit is sowat 30 km buite Durban.

Volgens Mahlambi het die departement intussen veiligheidswagte by die skool ontplooi en beraders is reeds na die skool gestuur om die geskokte leerlinge en personeellede by te staan.

“Ons doen ’n beroep op die polisie om die saak te ondersoek en vas te stel wat tot dié barbaarse en hartelose moord gelei het.”

Die polisie is op die toneel by die Masuku Primary School in Folweni in KwaZulu-Natal, waar ’n onderwyser Dinsdagoggend doodgeskiet is. Foto: Netcare911

Volgens Shawn Herbst, Netcare911-woordvoerder, was die paramedici omstreeks 09:00 op die toneel. Hy het gesê hulle is meegedeel dat ’n onbekende man meer as een skoot op die onderwyser afgevuur het terwyl hy in ’n skool se gang geloop het.

“Die onderwyser is in die kop en maag getref,” het Herbst gesê.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het aan Netwerk24 gesê die oorledene is op die toneel dood verklaar. ’n Moordondersoek is begin.

Meer oor:  Kwa Zulu-Natal  |  Durban  |  Onnie  |  Geskiet  |  Laerskool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.