Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onnie in kinderporno-saak nie musiekonderwyser

Die onderwyser van Worcester wat aangekla is van die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, is nie ’n musiekonderwyser soos vroeër berig nie.

Hoewel inwoners van Worcester aanvanklik bespiegel het dat die man musiek gee by ’n skool op die dorp, het dit aan die lig gekom dat hy ’n ander vak gegee het.

Die 34-jarige onderwyser het by die skool bedank nadat hy op Vrydag 23 Augustus in hegtenis geneem is.

Hy en sy medebeskuldigde, ’n 24-jarige fabriekswerker, is Donderdag op borgtog van R5 000 elk vrygelaat.

Hulle het voorlopig op aanklagte van die verkragting van minderjarige kinders en aanklagte wat verband hou met die vervaardiging, verspreiding en die besit van kinderpornografie in die landdroshof in Worcester verskyn.

’n Polisiebron het gesê die aanklagte van verkragting is later bygevoeg nadat die identiteit van minstens vyf van die kinders bevestig is. ’n Meisie en vier seuns is as slagoffers geïdentifiseer.

Die bron het verlede week gesê die polisie is nog besig om materiaal – wat videogrepe insluit wat op ’n skootrekenaar, selfoon en ander elektroniese toestelle gevind is – af te laai.

“Nog aanklagte gaan bygevoeg word,” het die bron gesê.

Die twee mans mag volgens hul borgtogvoorwaardes nie enige kontak met die kinders maak nie. Hulle is vir die duur van die verhoor ook onder huisarres geplaas.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 14 Oktober uitgestel.

Die onderwyser se naam is aan Netwerk24 bekend, maar omdat die saak van ’n seksuele aard is, mag hy nie geïdentifiseer word voordat hy gepleit het nie.

Meer oor:  Kinderpornografie  |  Hof  |  Onderwyser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.