Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onnie van Katolieke skool verkrag glo leerling (13)

’n 33-jarige onderwyser van ’n Katolieke skool op ’n groot Wes-Kaapse dorp is geskors nadat hy glo vroeër vandeesmaand ’n 13-jarige leerling van dié skool verkrag het.

Konst. Felicia Adams, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die man is op 19 Februarie in hegtenis geneem op aanklag dat hy die meisie op 12 Februarie verkrag het.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, sê die man het Vrydag in die landdroshof op die dorp verskyn en is van 'n bylae 6-oortreding, naamlik die verkragting van 'n minderjarige, aangekla. Die saak is tot 27 Februarie uitgestel omdat meer inligting vir sy borgtogaansoek nodig is. Die staat staan borgtog teen.

Die bisdom op wie se grond die skool gebou is, het Vrydag toe Netwerk24 hieroor navraag doen, niks van die voorval geweet nie.

Vader John Atkinson, administrateur van die bisdom op Oudtshoorn, waaronder die betrokke skool val, sê hulle is “geskok om te hoor van die bewerings van kindermishandeling” teen ’n onderwyser van dié skool.

“Dit is ’n openbare skool wat op private eiendom gebou is. Die bisdom besit die gebou, maar die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) is in beheer van die skool,” sê Atkinson.

Hy sê die bisdom is toegewyd aan die veiligheid van die kinders. Kindermishandeling of enige vorm van mishandeling het volgens hom geen plek in die samelewing nie.

“Die reg moet sy gang gaan en ons ondersteun die beheerliggaam ten volle dat die verdagte nie toegelaat gaan word om skool te gee terwyl die ondersoek voortduur nie.”

Atkinson sê die bisdom sal met die relevante partye oor die gebeure vergader.

Bronagh Hammond, kommunikasiehoof van die WKOD, sê die aantygings teen die onderwyser is “verskriklik kommerwekkend en verontrustend”.

“Ons kan net bevestig dat die beheerliggaam die onderwyser aangestel het, en dat sy kontrak vroeg verlede week opgeskort is,” sê Hammond.

Die skool het nie op navrae oor die voorval gereageer nie.


Meer oor:  Oudtshoorn  |  Wes-Kaap  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.