Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Onnie wat glo verkrag deel Bybelversies kwistig

’n Onderwyser wat glo ’n 13-jarige leerling twee keer in ’n klaskamer verkrag het, het gereeld Bybelversies op Facebook gedeel.

Dié onderwyser van ’n Katolieke skool op ’n groot dorp in die Wes-Kaap verskyn in Maart op twee aanklagte van verkragting in die hof nadat hy reeds Donderdag vlugtig in die landdroshof op dié dorp verskyn het. Hy bly intussen in aanhouding.

Kapt. Tobela Dyasi, polisiewoordvoerder, het by navraag bevestig dat die onderwyser die meisie na bewering twee keer verkrag het.

Dié onderwyser, wie se naam aan Netwerk24 bekend is, het die leerling na bewering onder meer op 12 Februarie in ’n klaskamer van die skool verkrag. Die dorp se naam word weerhou om die leerling se identiteit te beskerm.

Nadat die polisie se eenheid vir gesinsgeweld die beweerde voorval ondersoek het, is die onderwyser op 19 Februarie in hegtenis geneem.

Die skool se beheerliggaam, wat die onderwyser in 2019 aangestel het, het ook nadat die beweerde voorval aan die lig gekom het, sy kontrak summier opgeskort.

Die onderwyser se Facebook-profiel, wat sedert sy inhegtenisneming onaktief is, wemel van geloofsboodskappe.

Van die boodskappe bemoedig mense dat selfs as iemand jou soms verraai, dit alles deel is van God se plan.

Hy het klaarblyklik ook van die Bybelvers Johannes 3:16 gehou wat lui hoe lief God die wêreld gehad het en dat Hy Sy enigste seun vir die wêreld gestuur het.

Hy het ook sy Facebook-vriende aangemoedig om nooit toe te laat dat mense oor hulle loop of hul karakter vernietig nie.

Die betrokke skool behoort aan die Katolieke Kerk maar word deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) bestuur.

Bronagh Hammond, kommunikasiehoof van die WKOD, het nadat die beweerde verkragting aan die lig gekom het, gesê die aantygings is “verskriklik kommerwekkend en verontrustend”. Sy sê die leerling kry berading.

Vader John Atkinson, administrateur van die bisdom waaronder die betrokke skool val, sê hulle was geskok om die beweringe teen die onderwyser te hoor.

Die betrokke landdroshof sê die verdagte verskyn op 24 Maart in die hof wanneer hy aansoek om borgtog sal doen.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, sê die staat sal borgtog teenstaan.

Meer oor:  Bronagh Hammond  |  Wes-Kaap  |  Onderwyser  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.