Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Ons is hier om te werk,’ sê rower wat wapen op vrou rig

“Ons is hier om te werk . . .”

Dít het ’n rower Donderdag ’n werknemer van die Diamonds & Pearls-juwelierswinkel in Secunda toegesnou terwyl hy ’n vuurwapen op haar gerig het.

Die toneel ná die skietery Donderdagoggend in die Secunda-winkelsentrum.

Die vrou was omstreeks 10:00 besig om ’n ring aan ’n klant te wys toe vier gewapende mans die winkel in die Secunda-winkelsentrum binnestap.

“Een van hulle het ’n vuurwapen op haar gerig en iets in Zoeloe gesê wat sy nie verstaan het nie. Volgens ’n ander werknemer het hy gesê: ‘Ons is hier om te werk,’ ” sê brig. Leonard Hlati, polisiewoordvoerder in Mpumalanga.

Die man het haar teen die muur vasgedruk om agter die toonbank in te kom. Terselfdertyd was ’n ander man besig om ’n glaskas met juweliersware oop te breek.

Doedie Koen en haar seun, Barend, was in die sentrum toe die skote begin klap.

Kort daarna het die skote geklap toe daar op die rowers losgebrand is.

Hlati het bevestig dat een van die rowers buite die winkel doodgeskiet is. ’n Tweede verdagte is gewond en is onder polisiebewaking in die hospitaal.

Nog ’n man is gewond, maar hy en die vierde verdagte het in ’n wit Volkswagen Polo gevlug.

Volgens Hlati ondersoek die polisie ’n saak van sakeroof en ’n geregtelike doodsondersoek sal ook gedoen word.

Geen huurders, klante of personeel is in die voorval beseer nie.

Doedie Koen (52) van Evander was ten tyde van die skietery saam met haar seun, Barend (32), in die winkelsentrum. Hulle was sowat 60 m van die juwelierswinkel toe die skote geklap het. Hulle het sowat 100 m in die winkelsentrum se gang afgehardloop en in die Pick n Pay gaan skuil.

Sy het vroeër gesê sy wil nooit weer daardie oomblik beleef nie.

Die bestuur van die winkelsentrum het Vrydag gesê al die winkels, ook die juwelierswinkel, is weer oop.

Meer oor:  Secunda  |  Juwelierswinkel  |  Vuurwapen  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.