Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ons moet land van geweld red, sê verkragte vrou

Suid-Afrika is ’n pragtige land met mooi mense en ons moet kyk of ons nie ons land van al die geweld kan red nie.

So sê Leonise Joubert (61), die vrou wat Woensdag in ’n gewelddadige plaasaanval in die Dendron-distrik in Limpopo verkrag is.

Joubert het toestemming gegee dat haar naam ná die verkragting gebruik word omdat sy “wyd en syd ’n boodskap van hoop” wil versprei.

“As ek sou stilbly oor die verkragting, sou daardie nag se gebeure sinneloos wees. Hulle het dit aan my lyf gedoen en nié aan my siel nie.”

Ek gaan nie ’n slagoffer wees nie. ’n Slagoffer val vas en word bitter, maar om iets te oorleef beteken dit gaan jou laat groei.
Leonise Joubert (61) en haar man, Chris (62), van Dendron in Limpopo wat ’n plaasaanval oorleef het.

Sy het aan Netwerk24 gesê dat die plaasaanval “ ’n nagmerrie vol geweld en haat was”.

“Om deur die dood in die oë gestaar te word as jy voor genadelose mense te staan kom is verskriklik.”

Enkele ure voor die aanval het sy in ’n boek gelees dat elke mens ’n keuse in die lewe het. ’n Keuse om ’n slagoffer of ’n vegter te wees.

“Ek gaan nie ’n slagoffer wees nie. ’n Slagoffer val vas en word bitter, maar om iets te oorleef beteken dit gaan jou laat groei. Ek weet groei is makliker gesê as gedaan, daarvoor klou ons net vas aan die Here, maar deur te groei, word ons uiteindelik weer gelukkig,” sê Joubert.

Sy en haar man, Chris (62), is deur drie gewapende mans aangerand en hul huis is geplunder. Joubert is in haar regterbeen geskiet. Chris se bejaarde ma, Betsie Joubert (98), is eerste in haar slaapkamer deur die drie mans oorval.

Ons is oorval met omgee, liefde en deernis.

“Ná die skoot in my been en die verkragting en nadat hulle weg is, het daar net ’n groot verligting en dankbaarheid oor my gekom. Ons is nie slagoffers nie, maar oorwinnaars,” sê sy.

“Ons almal het ’n ‘storm’ in ons lewe. Die een se storm is nie groter as die ander een se storm of ellende nie. Ons het oorleef en dit is ons keuse wat ons nou daarmee gaan maak. My storm (die verkragting) gaan my nie definieer nie.”

Joubert sê sy en Chris wil nie hê daar moet “ ’n rasseding” van die aanval gemaak word nie.

“Ek weet ons sal hier deurkom. Dit hang af van wat in ons hart aangaan. Ons is oorval met omgee, liefde en deernis.”

Twee mans het Vrydag in die landdroshof in Morebeng op aanklag van verkragting, gewapende huisroof en poging tot moord verskyn. Hulle is in aanhouding en sal Vrydag weer in die landdroshof verskyn.

’n Derde man wat glo betrokke was, is dood nadat hy in ’n skietery met die polisie betrokke was.

Meer oor:  Leonise Joubert  |  Limpopo  |  Verkragting  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.