Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontbinde lyk van vermiste vrou (31) in vlak graf gekry

Die polisie in Kimberley het Donderdagoggend die erg ontbinde lyk van ’n 31-jarige vrou in ’n vlak graf agter ’n sinkhuis gevind.

Volgens kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder van die Noord-Kaap, is die vrou op 7 Junie as vermis aangegee, waarna die polisie dadelik met ’n soektog begin het.

Lede van die Roodepan-polisiekantoor in die Noord-Kaap het die erg ontbinde lyk van ’n vrou Donderdagoggend agter ’n sinkhuis in Ivory Park gevind. Foto: Verskaf

Tawana sê lede van die Roodepan-polisiekantoor het op die lyk afgekom nadat hulle inligting uit die gemeenskap ontvang het en hul ondersoek verskerp het.

Die lyk is agter ’n sinkhuis in Block A, Ivory Park, ontdek.

Geskokte inwoners het Donderdagoggend in ’n straat in Ivory Park in Kimberley saamgedrom toe lede van die polisie se forensiese eenheid die erg ontbinde lyk van ’n vrou in ’n vlak graf agter ’n sinkhuis ontdek het. Foto: Verskaf

Geskokte inwoners van Roodepan het by die toneel saamgedrom toe die polisie die vrou se lyk uit die vlak graf gehaal het.

’n 39-jarige man wat glo die vrou se vriend was, is Donderdagoggend in verband met die moord in hegtenis geneem.

Die vrou se identiteit kan eers bekend gemaak word nadat haar familie van haar dood in kennis gestel is.

Tawana sê die man sal binnekort in die landdroshof in Kimberley op ’n aanklag van moord verskyn.

Meer oor:  Kimberley  |  Vlak  |  Ontbind  |  Graf  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.