Die polisie in Thaba Nchu soek steeds na die kop van ’n onbekende man wie se lyk vroeër in ’n dam hier gevind is.
Volgens brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, het ’n lid van die gemeenskap Maandag omstreeks 14:00 afgekom op die onthoofde lyk wat in die Rietfonteindam gedryf het.
“Die oorledene kon nog nie geïdentifiseer word nie,” sê Makhele. Hy het glo ’n donker gelaatskleur.
Die polisie ondersoek ’n saak van moord.
Enigiemand met inligting kan die speurders by 082 467 6612 of 08600 10111 bel.