Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontsnapte gevangene ná 2 maande weer aangekeer

’n Ontsnapte verhoorafwagtende is Maandagoggend in hegtenis geneem nadat hy twee maande gelede uit die Westville-gevangenis in KwaZulu-Natal ontsnap het.

Ashen Vishnudath (27) is Maandag in die vroeë oggendure in Umbilo, Durban, aangekeer. Hy was sedert Augustus op vrye voet.

Hy sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Pinetown verskyn.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê Vishnudath was in aanhouding weens ’n moord wat in Maart vanjaar in Marianhill gepleeg is.

Volgens hom het Vishnudath op 15 Augustus uit die tronk ontsnap deur na bewering ’n ander gevangene se besonderhede te gebruik.

Die ontsnapping is by die Westville-polisiekantoor aangemeld, waarna die dossier na die provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad oorgeplaas is.

Dié speurders was sedertdien op sy spoor. Hulle het hom Maandagoggend in sy wegkruipplek aangekeer.

Volgens Naicker is Sudeshan Govender (34) en Tashlin Israel (27), nog twee verhoorafwagtende gevangenes, op 17 Augustus in hegtenis geneem op aanklag dat hulle Vishnudath help ontsnap het.

Hulle het Maandag in die hof verskyn.

’n 53-Jarige verdagte, wat ook met die voorval verbind kan word, het ook Maandag in die hof verskyn op ’n aanklag van regsverydeling nadat hy Vrydag in Reservoir Hills aangekeer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.