Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontsnapte verdagte se vryheid kortgeknip
Die gesoekte Clement Mahlangu wat tussen die landdroshof in Pretoria-Noord en die gevangenis verdwyn het, maar Saterdag weer vasgetrek is.Foto: Verskaf

Die gevaarlike verdagte wat verlede Maandag iewers tussen die landdroshof in Pretoria-Noord en die tronk verdwyn het, is Saterdag laatmiddag weer aangekeer.

Clement Mahlangu (34) se vryheid is kortgeknip ná ’n reuse-spanpoging tussen die polisie en die gemeenskap.

Kapt. Matthews Nkoadi, polisiewoordvoerder, het gesê Mahlangu is in Winterveldt, noordwes van Pretoria, vasgetrek.

Dit blyk dat die verdagte, wat destyds in hegtenis geneem is op meer as tien aanklagte van ernstige geweldsmisdade teenoor vroue, keel in ’n kuierplek gaan natmaak het toe iemand hom geëien het en die soekspanne ingelig het.

Die polisie het dadelik na die kuierplek opgeruk.

Mahlangu het, volgens Nkoadi, probeer weghardloop, maar hy het nie baie ver gevorder voordat die boeie om sy polse gesluit het nie.

Hy sal Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn op ’n aanklag van ontsnapping, naas die ander aanklagte waarop hy voorheen verskyn het.

Hulle het in vrees geleef nadat Mahlangu ontsnap het.

Mahlangu se ontvlugting verlede week het ook ’n hofordonnans in die moeilikheid laat beland.

Die verdagte het op 19 Augustus in die hof verskyn in verband met die lys geweldsmisdade wat hy na bewering gepleeg het.

Luidens bronne wissel die aantal aanklagte, omdat baie van die vroue dit teruggetrek het nadat hulle geïntimideer is.

Hulle het in vrees geleef nadat Mahlangu ontsnap het.

Die verdagte is daardie Maandag ná sy hofverskyning saam met ander verhoorafwagtendes in ’n vangwa gelaai om na die Kgosi Mampuru II-gevangenis geneem te word.

Ao. Samuel Lesibana Mokoena, ’n polisieman wat by die hof werk, het die vangwa bestuur.

Mahlangu is by die hof ingelaai.

Hoewel die ander verhoorafwagtendes in die vangwa later by die tronk aangekom het, was daar geen teken van Mahlangu nie.

Mokoena is kort daarna self op aanklagte van hulpverlening tot ontsnapping en regsverydeling in hegtenis geneem omdat hy glo nooit aangemeld het dat daar een persoon te min by die tronk aangekom het nie.

Hy sal ook later die week in die hof verskyn vir ’n borgtogaansoek.

Die staat het vroeër aangedui dat van die verhoorafwagtendes wat saam met Mahlangu deur Mokoena vervoer is, as ooggetuies beskou word. Verklarings sou van hulle bekom word.

Daar word ook beweer dat die “bedoeling” om die misdrywe (die ontsnapping) te pleeg, by die hofgebou self geformuleer is, waar Mahlangu tussen hofverskynings in die hofselle was en met die ordonnans in aanraking kon kom.

Meer oor:  Pretoria  |  Ontsnapping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.