Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontvoerde baba ná byna maand gevind

’n Vrou wat na bewering ’n baba ontvoer het, het haarself Woensdag aan die polisie in Benoni oorgegee, sê kapt. Nomsa Sekele, polisiewoordvoerder.

Sy het dié nuus Woensdagmiddag aan Netwerk24 bevestig nadat die baba wat sowat ’n maand gelede ontvoer is, Dinsdag lewend gevind is.

Koketso Mphenemene, wat 14 dae oud was toe sy ontvoer is, is by ’n huis in Etwatwa, Benoni, gevind.

Sy is op 22 Februarie by die Lakeside-winkelsentrum in Benoni ontvoer. Haar ma, Pretty, het die vermeende ontvoerder die dag by die winkelsentrum ontmoet, nadat sy ’n werk beloof is. Die ontvoerder het haar voorgedoen as ene Katlego.

“Die ondersoek het die polisie na ’n huis in die gebied Emaphuphwen in Etwatwa gelei waar die baba gevind is by die man wat na bewering die lewensmaat van die verdagte is.

Eiendom van die ma wat tydens die ontvoering gesteel is, is ook gevind,” sê Sekele.

Pretty het Koketso daarna positief geïdentifiseer.

“Die verdagte se lewensmaat is vir ondervraging geneem en later vrygelaat en die baba is ná mediese ondersoek weer met haar ma herenig,” sê Sekele.

Sekele sê inligting oor die vermeende ontvoerder se hofdatum sal verskaf word sodra sy amptelik aangekla is.

Meer oor:  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.