Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontvoerde sakeman van Limpopo se kar gekry

Die familie van Shyam Premjee (36), ’n bekende sakeman van Louis Trichardt, is rasend van kommer nadat hy Vrydagoggend ontvoer is.

Een van hul werknemers het Vrydag gesê die Premjee-familie is te geskok om oor die voorval te praat.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het ’n groep mans Premjee na bewering omstreeks 08:00 ontvoer.

Hy was glo pas weg by sy huis toe twee voertuie, een voor en een agter, hom by ’n stopstraat in sy Mercedes-Benz vasgekeer het. Skote is glo afgevuur, en sy voertuig is later verlate op die Meulbos-grondpad naby Forestryweg opgespoor.

Volgens Mojapelo het die ontvoerders in ’n grys Hyundai Accent en in ’n silwerkleurige sedan (waarvan die fabrikaat nie bekend is nie) gery.

Hulle het glo in ’n noordelike rigting op die N1 na die Nzhelele-pad gery.

Die polisie vra enigiemand met inligting oor die voorval om die ondersoekbeampte, kol. Nyelisani Mabatha, by 082 565 8171 te bel.

Meer oor:  Shyam Premjee  |  Limpopo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.