Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Ontvoerde skoolseun: Ondersoek op ‘kritieke punt’

Die polisieondersoek en soektog na Lindokuhle Masuku (14) is volgens die polisie tans op ’n “kritieke punt”.

Lindokuhle  ’n gr. 8-leerling aan Queens High School in Bezuidenhoutvallei naby Kensington in Johannesburg, is glo Dinsdag by die skool ontvoer.

Lindotuhle Masutu (14)Foto: Facebook/Bezvalley Community

Die polisie ondersoek tans ’n saak van ontvoering.

“Die polisie is steeds op soek na hom en volg alle leidrade op,” sê kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder.

Volgens hom kan geen verdere inligting bekend gemaak word nie omdat die vrees bestaan dat die ontvoerders die inligting tot hul voordeel kan gebruik.

Die skool wil ook nie te veel sê nie.

“Die Queens High School se beheerliggaam doen alles in sy vermoë om die leerling se familie te ondersteun. Verder kan ons niks sê nie,” lui die skool se amptelike kommentaar.

Steve Mabona, woordvoerder aan die Gautengse departement van onderwys, sê die polisie het ook ’n versoek aan hom gerig om geen verdere inligting bekend te maak nie, veral nie oor die losprys wat geëis word nie.

“Ons is jammer ons het dit in die eerste plek genoem. Dit kan die slagoffer se lewe in gevaar stel,” sê hy.

Mabona het vroeër in ’n mediaverklaring gesê die ontvoerders eis R5 miljoen, maar soos vroeër berig het Netwerk24 met Lindo se ma, Portia Masuku gepraat, wat gesê het die ontvoerders het hulle Dinsdagaand gekontak om ’n losprys van tussen R100 000 en R500 000 te eis.

Meer oor:  Leerling  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.